Volkslied van Azerbeidjan

Volkslied van Azerbeidjan

Die volkslied van Azerbeidjan (Azerbeidjans: Azərbaycan himni of Azərbaycan marşı) is die nasionale volkslied van die Republiek Azerbeidjan. Dit is as die nasionale volkslied van die Demokratiese Republiek van Azerbeidjan aangeneem vanaf 1919 tot 1920. Dit is in 1992 na die onafhanklikheid van Azerbeidjan as die nasionale volkslied heraangeneem.[1] Die lirieke is deur die digter Ahmed Cevad (1892-1937) geskryf, terwyl die melodie deur die komponis Üzeyir Hacıbeyov (1885-1948) gekomponeer is.[1] Hacıbeyov het ook die volkslied van die Azerbeidjanse SSR gekomponeer. Die lied het vyf strofes wat twee keer gesing word.

  1. 1,0 1,1 "History of creation of the National Anthem of the Republic of Azerbaijan". Azerbaijans.com (in Engels). Besoek op 14 Augustus 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search